Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441
Abstract
SNYMAN, G.F.. 'n Etiek van Bybellees en 'n hermeneutiek van weerloosheid. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.259-282. ISSN 2305-0853.
Na aanleiding van Van der Walt (2008) se voorstel vir Skrif-benadering as brug tussen Skrifbeskouing en Skrifverklaring, stel die skrywer 'n hermenutiek van weerloosheid voor met die doel om 'n Bybelleesproses te fasiliteer waarvolgens daar nie meer vir mense Bybel gelees word nie, maar mét hulle. So 'n hermeneutiek stel die Bybelleser in staat om te sien wat die effek van 'n bepaalde Skrifverklaring op ander mense is en waarvoor hy of sy verantwoordelikheid moet neem. In die opvolgende bespreking word eerstens gekyk hoe 'n bepaalde soort Bybellees mense weerloos stel en tweedens hoe 'n hermeneutiek van weerloosheid hierdie weerloosstelling in die oopte bring.