SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número1A discourse on eschatology and promissiotherapy with women after the loss of a husband índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

MAGEZI, V.  y  MYAMBO, T.. Pastorale uitdagings en reaksies ten opsigte van vrees vir bonatuurlike verskynsels (ngozi) in Afrika: Bybelse evaluering en reaksie - in besonder onder die Shonabevolking. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.1, pp.161-187. ISSN 2305-0853.

Bonatuurlike verskynsels, algemeen bekend as "ngozi" is van die mees gevreesde en raaiselagtigste verskynsels onder die inwoners van Afrika, in besonder onder die Shonasprekende gemeenskap in Zimbabwe. Eerstens word 'n relevante, kontekstuele, pastorale bediening voorgestel om die vrese van gelowiges in hierdie tipe omstandighede te hanteer. Sodanige bedieningsontwerp behoort voort te spruit uit 'n goeie begrip van die kontekstuele realiteit van die spirituele wêreld (van "ngozi"). Tweedens moet 'n bybelsgefundeerde antwoord vir hierdie verskynsel gegee word. Derdens moet die plaaslike gemeenskap bemagtig word. Met inagneming van die uitdagings in Afrikagemeentes, word in hierdie artikel geworstel met die gelowiges se vrese vir bose geeste. Die Shonasprekende gemeenskap in Zimbabwe word as voorbeeld gebruik van hoe 'n geskikte pastorale model toegepas kan word. Die artikel handel oor die bose geesteverskynsel, verskaf 'n sistematiese, bybelse evaluering van "ngozi" en stel 'n kontekstueel-relevante en bybelsgefundeerde, pastorale model vir die Shonagemeenskap in Zimbabwe voor.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons