SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue1Pastoral elements in HebrewsPrinciples for poverty alleviation among the youth in Northern Uganda author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

MAGEZI, V.  and  MYAMBO, T.. Pastorale uitdagings en reaksies ten opsigte van vrees vir bonatuurlike verskynsels (ngozi) in Afrika: Bybelse evaluering en reaksie - in besonder onder die Shonabevolking. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.1, pp.161-187. ISSN 2305-0853.

Bonatuurlike verskynsels, algemeen bekend as "ngozi" is van die mees gevreesde en raaiselagtigste verskynsels onder die inwoners van Afrika, in besonder onder die Shonasprekende gemeenskap in Zimbabwe. Eerstens word 'n relevante, kontekstuele, pastorale bediening voorgestel om die vrese van gelowiges in hierdie tipe omstandighede te hanteer. Sodanige bedieningsontwerp behoort voort te spruit uit 'n goeie begrip van die kontekstuele realiteit van die spirituele wêreld (van "ngozi"). Tweedens moet 'n bybelsgefundeerde antwoord vir hierdie verskynsel gegee word. Derdens moet die plaaslike gemeenskap bemagtig word. Met inagneming van die uitdagings in Afrikagemeentes, word in hierdie artikel geworstel met die gelowiges se vrese vir bose geeste. Die Shonasprekende gemeenskap in Zimbabwe word as voorbeeld gebruik van hoe 'n geskikte pastorale model toegepas kan word. Die artikel handel oor die bose geesteverskynsel, verskaf 'n sistematiese, bybelse evaluering van "ngozi" en stel 'n kontekstueel-relevante en bybelsgefundeerde, pastorale model vir die Shonagemeenskap in Zimbabwe voor.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License