SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue1Preaching as reframing of perspectiveA model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listeners author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

NELL, I.A.. Calvyn as "praktiese teoloog": Die bydrae van 'n teodramatiese paradigma. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.1, pp.97-120. ISSN 2305-0853.

Om te vra na die rol en plek van 'n spesifieke dissipline (in hierdie geval Praktiese Teologie), moet 'n mens 'n goeie idee hê waar jy vandaan kom. Hierdie artikel poog om die vraag na die rol van Praktiese Teologie binne die veld van teologie te beantwoord in gesprek met sekere perspektiewe van die sestiende-eeuse hervormer, Johannes Calvyn. Daar word geargumenteer dat Calvyn in 'n eeu geleef het wat deur geleerdes gereken word as een van die goue periodes waarin die wêreld van kuns en teater hoogty gevier het. Calvyn se eeu is veral gekenmerk deur 'n dramatiese visie op die menslike bestaan en hierdie visie het ook 'n impak op sy denke gehad. Teen hierdie agtergrond tree hierdie artikel in gesprek ten opsigte van die rol en plek van praktiese teologie deur 'n teodramatiese benadering voor te stel. Dit is 'n benadering waarin die gedagte van 'n "herdramatisering" van die wêreld voorgestaan word.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License