SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue1Moulding of a man of God: An evaluation of international debates on pastoral training in the light of perspectives from 1 and 2 TimothyPreaching as reframing of perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

GILES, S.P.. Evangeliese en grondwetlike imperatiewe: Die reg op lewe. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.1, pp.57-76. ISSN 2305-0853.

In die Republiek van Suid-Afrika word Christene uitgedaag om evangeliese imperatiewe binne die regskundige raamwerk van die Grondwet uit te leef. Etiese uitvloeisels met betrekking tot die reg op lewe word vanuit die oogpunte van gekose evan-geliese en grondwetlike imperatiewe beskou. Evangeliese imperatiewe word gestel as gevolg van Christelike dissipelskap. Daar is vele en verskeie, uitdruklike en onuitgesproke imperatiewe. Die Christelike roeping, dissipelskap, getuienis en volharding, is fundameteel en integraal tot die beoefening van die daaglikse bestaan van die Christen. Hierdie onderdele van die Christelike lewe word toegelig deur die gekose evangeliese imperatiewe: "Volg my" (Matt. 14:19 en sinoptiese vergely-kings), "bemin God en u naaste soos uself" (Matt. 22:34-40 en sinoptiese vergelykings), en "Neem u kruis op" (Matt. 10:38 en sinoptiese vergelykings). Die sentrale teoretiese betoog van hierdie artikel is, gesien vanuit 'n gereformeerde etiese oogpunt, dat evangeliese imperatiewe voorrang bo grondwetlike imperatiewe geniet, aangesien evangeliese imperatiewe 'n goddelike grondslag het, terwyl grondwetlike imperatiewe 'n menslike oorsprong het. Erkenning van hierdie voorang belig die Christelik-etiese perspektief op die reg tot lewe en aborsie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License