SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue1The binding to confessions in a postmodern eraFlows of worship in the network society: Liminality as heuristic concept in Practical Theology beyond action theory author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DU RAND, J.A.. 'n Noodkreet om God se regverdiging of 'n wraakroep om selfgelding? Martelaars aan die voet van die altaar (Op. 6:9-11). In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.1, pp.39-55. ISSN 2305-0853.

Die wesenlike vraag wat in hierdie artikel aan die orde kom, is of die martelaars se noodroep in Openbaring 6:9-11 fokus op die regverdiging van God se oordeel of op die martelaars se selfsugtige wraak. Handel dit dus oor die goddelike beskikking in die gang van die geskiedenis van die Christendom of oor die martelaars se wraakgierige selfbevrediging? Albei standpunte het deur die eeue eksegetiese steun gekry wat weer gelei het tot uiteenlopende en dikwels verwarrende teologiese stand-punte. Die eksegetiese keuses het onvermydelik dogmatiese en etiese implikasies. Dit kan verder gevra word of dit teologies betaamlik is dat mense by God kan smeek om wraak te neem op medeskepsels van God. Bogenoemde eksegetiese kernvraag met sy teologiese implikasies word gerieflikheidshalwe in die meeste eksegetiese analises van Openbaring 6:9-11 verswyg. Nuwer navorsing oor die psigologiese en sosio-kulturele situa-sie van die historiese eerste ontvangers van Openbaring, asook oor martelaarskap in die vroeë kerk, word in hierdie artikel aangewend om 'n nuwe blik te kry op 'n ou eksegetiese probleem. Eksegetiese uitsluitsel word oor genoemde vrae na aanleiding van Openbaring 6:9-11 verkry en die resultaat ontplooi as 'n sleutelmotief en "sakelys" in die ontvouing van die dramatiese narratief en teologiese boodskap in die res van die gang van die dramatiese narratief van Openbaring.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License