SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue1A practical-theological perspective on the act of making ecclesiastical resolutions - exploration and normative points or viewMoulding of a man of God: An evaluation of international debates on pastoral training in the light of perspectives from 1 and 2 Timothy author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

SNYMAN, S.D.. 'n Ondersoek na die teologiese boodskap en prediking van Psalm 117. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.1, pp.25-37. ISSN 2305-0853.

Psalm 117 is tegelykertyd 'n bekende en onbekende psalm. Hierdie psalm is bekend as die kortste in die boek van die Psalms, maar daar is min teologiese refleksie op die psalm. Om die vraag na die teologiese boodskap van die psalm te beantwoord, is die psalm aan 'n eksegetiese ondersoek onderwerp waarin aandag gegee word aan sake soos die omvang van die psalm, tekskritiese kwessies, strukturele kenmerke, die literêre genre, "Sitz im Leben", datering, die gebruik van tradisiemateriaal, ensovoorts. Die eksegetiese detail het tot 'n teologiese gevolgtrekking gelei dat die (verbonds)liefde en trou van Jahwe wat die volk in die verlede ervaar het, die rede is waarom vreemde volke en nasies tot lof aan Jahwe opgeroep word. Die psalm het waarskynlik in die ballingskap ontstaan, reflekteer op die verlede en dien as motivering vir die toekoms wanneer die (verbonds)liefde en trou van Jahwe weer ervaar sal word.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License