SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue1The binding to confessions in a postmodern era author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DE WET, F.W.. Die noodsaak daarvan om metateoretiese vertrekpunte ten opsigte van werklikheidsbeskouing in prakties-teologiese wetenskapsbeoefening uit te spel. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.1, pp.1-23. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel is die tweede resultaat van die navorsingsprojek "Metateoretiese vertrekpunte in Praktiese Teologie". In hierdie projek - soos in die vorige artikel aangedu- word die meta -teoretiese en ander vertrekpunte van 'n groep reformatoriese navorsers in Praktiese Teologie eksplisiet gemaak en die in-valshoeke by die ondersoek van die praksis aangetoon. In hierdie artikel word die noodsaak daarvan vanuit 'n reformatoriese perspektief beredeneer om metateoretiese vertrekpunte uit te spel ten opsigte van die werklikheidsbeskouing. Die prakties-teologiese implikasies van 'n werklikheidsbeskouing, met sy wortels in die sestiende-eeuse protestantse Reformasie, word krities vergelyk met en verantwoord ten opsigte van 'n alternatiewe werklikheidsbeskouing in die kontemporêre konteks wat meer fokus op die horisontale dimensie van handelings wat in die praksis plaasvind. Essensiële karaktertrekke van die sestiende-eeuse reformatoriese visie op die werklikheid blyk die skrifbepaalde lens te wees waardeur gekyk word, asook die teosentriese fokus en die manier waarop menslike handelings voorgestel word as 'n weerspieëling van die "imago Dei". Die noodsaak daarvan om kritiese verantwoording van hierdie wêreldbeskoulike aspekte te doen en om dit opnuut te rig ten opsigte van die uitdagings wat daaraan in die kontemporêre konteks gestel word, word bespreek.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License