SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número3-4Reflection on diaconal service in relation to Acts 6:1-7A qualitative investigation into the so-called ministry of deliverance índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

DE BEER, E.J.. 'n Teologies-etiese beoordeling van onwettige immigrasie. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.3-4, pp.655-678. ISSN 2305-0853.

Immigrasie van mense is 'n wêreldwye toenemende verskynsel. Mense immigreer hoofsaaklik om ekonomiese redes na Suid-Afrika. Nie alle immigrante is egter wettig in die land nie. Dit is nie duidelik hoeveel onwettige immigrante in Suid-Afrika is nie. Die Suid-Afrikaanse regering het geen duidelike, doeltreffende beleid oor hoe om die probleem van onwettige immigrante op te los nie. In hierdie artikel word die invloed van onwettige immigrasie op die Suid-Afrikaanse arbeidsterrein ondersoek. Die doel van die studie is om aan rolspelers vanuit die Bybel leiding te gee oor hoe hulle ingesteldheid teenoor die probleem van onwettige immigrantwerkers behoort te wees. In die artikel word die omvang en oorsake van onwettige immigrasie ondersoek. Daarna val die soeklig op die gevolge van onwettige immigrasie op die Suid-Afrikaanse arbeidsterrein en die optrede van die owerheid om die probleem hok te slaan. Dit word gevolg deur die bestudering van 'n aantal tersaaklike bybelse uitsprake. Die invloed van onwettige immigrasie op die Suid-Afrikaanse arbeidsterrein word in die lig van die bybelse uitsprake beoordeel. In die beoordeling word leiding aan verskillende rolspelers gegee oor hoe hulle ingesteldheid teenoor die gestelde probleem behoort te wees.

Palavras-chave : arbeid; migrasie; onwettige immigrasie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons