SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número3-4Translating Romans: Some persistent headachesReflection on diaconal service in relation to Acts 6:1-7 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VAN DER SCHYFF, S.P.  y  DE KLERK, B.J.. Basisteoretiese vertrekpunte op die aard en die begronding van 'n skrifgefundeerde liturgie. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.3-4, pp.603-626. ISSN 2305-0853.

Liturgie is alle religieuse handelings wat deur die gelowige verrig word wanneer God ontmoet word, daar na Hom geluister word, Hy aanbid en verheerlik word en daar in die samekoms en die daaglikse lewe godsdiens beoefen word. Tradisioneel was liturgie tot eredienshandelinge op Sondae in die kerk en die liturgiese volgorde onder die erediens beperk. In die etimologiese ontleding van die begrip "λειτουργία" kan egter tot die gevolgtrekking gekom word dat liturgie 'n dinamiese handeling is wat op Godsverering dui wat vanuit die erediens oorspoel na die daaglikse lewe van die Christen. Ten einde hierdie paradigmaverskuiwing te kan verantwoord, is dit nodig om eerstens basisteoretiese vertrekpunte vir die liturgie neer te lê. Hierdie basisteoretiese vertrekpunte moet teologies begrond wees aangesien liturgie 'n sentrale moment in die mens se godsdiensbeoefening inneem. Terselfdertyd moet hierdie perspektiewe 'n antwoord bied op die vraag hoe liturgie teologies beskou behoort te word. Die skrywers gaan van die standpunt uit dat liturgie in die verbond- en die koninkryksperspektiewe as openbaringslyne in die Skrif gegrond is.

Palabras clave : basisteoretiese perspektiewe; koninkryk; liturgie; aard van verbond liturgie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons