SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue3-4Translating Romans: Some persistent headachesReflection on diaconal service in relation to Acts 6:1-7 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN DER SCHYFF, S.P.  and  DE KLERK, B.J.. Basisteoretiese vertrekpunte op die aard en die begronding van 'n skrifgefundeerde liturgie. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.3-4, pp.603-626. ISSN 2305-0853.

Liturgie is alle religieuse handelings wat deur die gelowige verrig word wanneer God ontmoet word, daar na Hom geluister word, Hy aanbid en verheerlik word en daar in die samekoms en die daaglikse lewe godsdiens beoefen word. Tradisioneel was liturgie tot eredienshandelinge op Sondae in die kerk en die liturgiese volgorde onder die erediens beperk. In die etimologiese ontleding van die begrip "λειτουργία" kan egter tot die gevolgtrekking gekom word dat liturgie 'n dinamiese handeling is wat op Godsverering dui wat vanuit die erediens oorspoel na die daaglikse lewe van die Christen. Ten einde hierdie paradigmaverskuiwing te kan verantwoord, is dit nodig om eerstens basisteoretiese vertrekpunte vir die liturgie neer te lê. Hierdie basisteoretiese vertrekpunte moet teologies begrond wees aangesien liturgie 'n sentrale moment in die mens se godsdiensbeoefening inneem. Terselfdertyd moet hierdie perspektiewe 'n antwoord bied op die vraag hoe liturgie teologies beskou behoort te word. Die skrywers gaan van die standpunt uit dat liturgie in die verbond- en die koninkryksperspektiewe as openbaringslyne in die Skrif gegrond is.

Keywords : basisteoretiese perspektiewe; koninkryk; liturgie; aard van verbond liturgie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License