Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441
Abstract
DU TOIT, A.B.. Die vertaling van Romeine: 'n Aantal hardnekkige hoofpyne. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.3-4, pp.581-602. ISSN 2305-0853.
Hierdie artikel konsentreerop 'n aantal linguistiese manifes-tasies in Romeine wat voortdurend aan eksegete en vertalers hoofbrekens besorg. Aandag word aan die δικαι-groep, oi αγιοι, en Χριστω/κνρίω, hiperboliese kontraste, πνενµα, οργή en οµοιώµα gegee. Verskillende vertalings word bespreek en moontlike oplossings aangebied. Wanneer vertalers gekonfronteer word met vertalingsprobleme is hulle geneig om al te gemaklik terug te val in die veiligheid van tradisionele vertalings, selfs al sou laasgenoemde die werklik kontensieuse punte bloot kamoefleer. Om met die teks te bly worstel, selfs al sou dit foutlopies insluit om daardeur mettertyd vordering te maak, is wetenskaplik meer verantwoord as valse sekerheid.
Keywords : Bybelvertaling; forensiese verstaan; Gees of gees; heiliges; in Christus; linguistiese konteks; Romeine.