SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue3-4The role of the Bible in reformational philosophy: Historical and systematic notes author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DE WET, F.W.  and  PIETERSE, H.J.C.. Die noodsaak van die verrekening van metateoretiese vertrekpunte in prakties-teologiese wetenskapsbeoefening. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.3-4, pp.525-544. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel is die eerste resultaat van die navorsingsprojek "Metateoretiese vertrekpunte in Praktiese Teologie". Die probleem wat ondersoek word, het te make met 'n gebrek aan deursigtigheid met betrekking tot die uitspel van metateoretiese vertrekpunte teen die agtergrond van die pluraliteit in die benaderings tot die navorsing in die vak. Soms verklaar navorsers nie huile teologiese en ander vertrekpunte nie. In hierdie projek word die metateoretiese teologiese en ander vertrekpunte van 'n groep reformatoriese navorsers eksplisiet gemaak en die invalshoeke in die ondersoek van die praksis aangetoon. Die noodsaak om metateoretiese vertrekpunte uit te spel ten opsigte van werklikheidsbeskouing, die hermeneutiese proses wanneer handelings in die praksis verstaan, verklaar en verander word en die beskouing van die aard en taak van weten-skapsbeoefening, word vanuit 'n reformatoriese perspektief behandel.

Keywords : hermeneutiese teorie; metateoretiese vertrekpunte in Praktiese Teologie; reformatoriese teologie; aard van die werklikheid; wetenskaplike benadering.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License