SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número2The Holy Spirit and preaching in the service índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VAN WYK, H.F.. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.2, pp.475-500. ISSN 2305-0853.

Elke Christelike kerk glo dat sy n ware kerk is en verkondig dat die mens verlos kan word om ewig te leef. Hierdie verlossingsboodskap is gewoonlik gewortel in die Bybel as openbaringsbron van God. Die Mormone beweer dat Joseph Smith, stigter en eerste president van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, n goddelike opdrag ontvang het om die kerk te herstel na die kerk soos wat Jesus Christus dit tydens sy lewe op aarde gestig het. In die studie van die Mormoonse verlossingsleer is dit duidelik dat die kerk nie werklik vervals is en herstellend herstig is nie, maar dat die verlossingsleer dogma-histories 'n duidelike lyn van dwaling en weerlegging volg. Die kern van die verlossingsleer van die Mormone is dat die mens die vrye wil het om sy eie verlossing te kies. Hulle is nie die eerstes wat hierdie boodskap verkondig nie. In hierdie artikel word aangetoon hoedat Pelagius reeds die vrye wil van die mens verkondig het. Tydens die Reformasie het die Anabaptiste dieselfde boodskap verkondig en hulle het aanvanklik naas die reformatore bestaan. Gaandeweg het hulle deel van veral die Nederlandse kerke geword, totdat die sinode van Dordrecht hierdie dwaling uitgewys en nie net verwerp het nie, maar ook geantwoord het. Hiermee is die dogma van die vrye wil nie besweer nie, maar dit word weer 150 jaar later deur John Wesley verkondig. Hierdie is ook die boodskap van Wesley en Whitefield tydens hulle evangelisasieveldtogte in die Verenigde state van Amerika aan die begin van die negentiende eeu. Dit is in hierdie tyd dat Joseph Smith se soeke van die regte kerk plaasgevind het en hy die Mormoonse kerk gestig het. Alhoewel daar baie verskil is met die Metodiste Kerk, die kerk waarin hy opgegroei het, is die verlossingsboodskap in wese dieselfde: die mens het die vrye wil om sy saligheid te soek en te verkry.

Palabras clave : Anabaptiste; kerk; kulte; Mormone; Remonstrante; verlossing; vrye wil.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons