SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue2An ecclesiological model for the ministry of reconciliation in a socio-political contextSalvation: From Pelagius to Joseph Smith author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DE KLERK, B.J.. Die Heilige Gees en die prediking in die erediens. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.2, pp.455-474. ISSN 2305-0853.

Die vraag wat in hierdie artikel ondersoek word, is hoe die Heilige Gees in die aksie van prediking en die uitwerking daarvan teenwoordig en werksaam is. Die Gees versterk die boodskap en bewerk die sekerheid in die predikers dat die Gees die regte gehoor vir die woorde van die prediking skep. Christus as die brandpunt van die prediking word deur die gemeente in sy ontmoeting met God toegeëien en gehoorsaam. Prediking moet die lyne van die teks via die sentrale inhoud van die Skrif na die mens in die hede deurtrek. Die gemeente moet deur die beoefening van die gawe van die profesie die prediking in die konkrete lewensituasie toepas. Prediking en gebed staan in 'n kousale verhouding tot Skriflesing, want Skriflesing roep prediking en gebed op. Prediking as belydenis wek gebed as aanbidding en die aanbidding wek weer belydenis op. Hierdie kousale en wisselwerkende verhoudings is lewend en kragtig deur die dinamiese werking van God die Heilige Gees, wat gemeenskap tussen God en die gemeente in Christus deur hierdie handelinge bewerk.

Keywords : gawe van profesie; Heilige Gees; prediking en gemeente; prediking in liturgie; verhouding tussen Skriflesing; prediking en gebed.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License