SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número2Points of departure for the state in the Institutes of Calvin compared with points of departure of the South African Bill of Rights (1996) índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

VAN WYK, J.H.. Om tien oseane oor te steek: Calvyn oor die eenheid van die kerk - 'n bydrae tot 'n meer verantwoordelike ekklesiologie. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.2, pp.301-316. ISSN 2305-0853.

Ten opsigte van ekklesiologie het Calvyn in sy tyd voor 'n besonder groot dilemma te staan gekom. Enersyds was daar duidelike Skrifgetuienis oor die eenheid van die kerk van Christus, soos onder andere ook deur die groot kerkvader Augustinus beaam is. Andersyds was die breuk met die Katolieke Kerk van die sestiende eeu onvermydelik. Calvyn worstel diepgaande met hierdie problematiek en probeer so ver moontlik vashou aan die Skrifgetuienis oor die eenheid. Hy was teleurgesteld dat die protestantse kerke die tema van die eenheid losgelaat het en hy verklaar hom bereid om tien oseane oor te steek om hierdie eenheid te probeer herwin. Dit alles laat die vraag ontstaan in watter mate die reformatoriese kerke vandag nog erns maak met die (sigbare) eenheid van die kerk van Christus.

Palavras-chave : Calvyn; kerk eenheid; ekumenisiteit; verskeurdheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons