SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue1A few aspects regarding the reformed worship service and liturgical song in a multicultural South AfricaPastoral elements in Hebrews author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

PIETERSE, H.J.C.. Die keuse van 'n model vir inhoudsanalise van preke oor armoede en aan armes as hoorders. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.1, pp.121-136. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word geargumenteer dat die navorsingsvraag wat die inhoudsanalise van preke begelei, die keuse van 'n model vir die analise beïnvloed. Die outeur is op soek na 'n gepaste model vir preekanalise om preke oor armoede en aan armes as hoorders te analiseer. Verskillende outeurs het in hierdie ondersoekveld gepubliseer, byvoorbeeld Cilliers (1982), Pieterse (1986; 1995a; 1995b), Moehn (1996), Vaessen (1997), Stark (2005), De Klerk et al. (2009) en Immink & Verweij (2007). Die volgende modelle vir preekanalises word bespreek: die Heidelbergse model, die versterking van die Heidelbergse model deur gebruikmaking van die Kwalitan-rekenaarprogram, die hermeneutiese model wat deur Vaessen ontwikkel is, die model vir die vasstelling van prediking as Woord van God deur Stark, die kombinasie van die Heidelbergse model met die model van Stark deur De Klerk, De Wet en Letsosa en die "grounded theory"-model wat induktief vanuit die preke self 'n preekteorie ontwikkel. Die navorsingsvraag van die outeur se projek van preekanalises van preke oor armoede en aan armes lei hom tot die keuse van die "grounded theory"-model soos dit deur kollegas in Utrecht, Nederland, ontwikkel is.

Keywords : inhoudsanalise van preke; armoede; modelle; inhoudsanalise van preke; navorsingsvraag; bepaal keuse van model.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License