SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue1Preaching as reframing of perspectiveA model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listeners author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 1018-6441

Abstract

SMIT, E.J.. Enkele aspekte met betrekking tot die gereformeerde erediens en kerklied in 'n multikulturele Suid-Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.1, pp. 99-120. ISSN 1018-6441.

Die erediens kry beslag binne 'n spesifieke kultuur. Omdat kulture gedurig besig is om te verander en te ontwikkel, sal die kerk in ook sy eredienste voortdurend te staan kom voor verandering. In 'n postapartheid Suid-Afrika met sy verskeidenheid kulture, sal die gereformeerde kerke toenemend moet rekening hou met die werklikhede en kwessies van 'n multikulturele konteks. Wanneer in hierdie opsig gefokus word op een van die belangrike handelinge in die gereformeerde erediens, naamlik die kerklied, kom fassinerende aspekte na vore. Dit toon aan dat die gereformeerde kerke inderdaad gekonfronteer word met besondere uitdagings. In die kerklied gee die Here sy kerk 'n uitnemende gawe waarmee hierdie uitdagings aangepak kan word. Wanneer dit op die regte Bybelse wyse hanteer word, word die realiteit van 'n multikulturele konteks 'n geleentheid om in die wêreld getuienis te lewer van die vergifnis en versoening deur Jesus Christus.

Keywords : gereformeerde erediens; gereformeerde kerklied; kultuur; multikulturele konteks.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License