SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número1The binding to confessions in a postmodern eraFlows of worship in the network society: Liminality as heuristic concept in Practical Theology beyond action theory índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

BUYS, P.J.. Vorming van 'n man van God: Evaluering van internasionale debatte oor predikantsopleiding in die lig van perspektiewe uit 1 en 2 Timoteus. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.1, pp.47-66. ISSN 2305-0853.

Die afgelope 50 jaar word wêreldwyd breed en diep oor teologiese opleiding besin. Hierdie besinning is deur die volgende faktore gestimuleer: Aan die een kant is daar in ontwikkelende lande 'n ontploffende getallegroei van kerke. Aan die ander kant is daar in ontwikkelde lande kommerwekkende kwynende lidmaatgetale. Daar is ook kommer dat kerke weinig impak op transformasie van die samelewing het. Voorgangers slaag dikwels nie in hulle voorbeeld en bediening daarin om instrumente in God se hand te wees wat gelowiges toerus en inspireer om werklik getuies van Christus te wees nie. Hierdie verskynsels het gelei tot die vraag: Hoe kan en moet teologiese opleiding van kerklike voorgangers herstruktureer word ten einde kerke effektief geestelik en in getalle te laat groei? In hierdie verband is daar ernstige vrae gevra oor die godsvrug en persoonlike geloofslewe van predikante en teologiese studente. Hierdie artikel evalueer internasionale tendense en debatte in teologiese opleiding in die lig van beginsels en perspektiewe wat uit Paulus se briewe aan Timoteus afgelei kan word.

Palabras clave : indiensopleiding; karaktervorming; man van God; mentorskap; predikantsopleiding.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons