SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue1A practical-theological perspective on the act of making ecclesiastical resolutions - exploration and normative points or viewMoulding of a man of God: An evaluation of international debates on pastoral training in the light of perspectives from 1 and 2 Timothy author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

COETZEE, C.F.C.. Belydenisgebondenheid in 'n postmoderne era. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.1, pp.27-46. ISSN 2305-0853.

Die huidige tydsgewrig word gekenmerk deur 'n paradigmaverskuiwing tussen Modernisme en Postmodernisme op feitlik elke terrein van die lewe. Dit geld ook vir die terrein van die kerk en teologie. Hierdie paradigmaverskuiwing het verreikende konsekwensies, veral vir kerke in die reformatoriese tradisie en die beoefening van reformatoriese teologie in soverre die binding aan die gereformeerde belydenis ter sprake is. Vanuit die Postmodernisme word die standpunt gehuldig dat daar geen absolute waarheid is nie. Dit geld ook vir die Skrif. Wat hermeneutiek betref, handhaaf die Postmodernisme die beginsels van deduksie soos geformuleer deur Derrida. Volgens hierdie beginsels het 'n teks geen betekenis in sigself nie, maar skep dit betekenis. Daar is niks buite die teks nie. Hierdie opvatting lei tot radikale relativisme. Teenoor die postmodernistiese standpunt handhaaf reformatoriese hermeneutiek die standpunt dat die Skrif die onfeilbare Woord van God is wat ewige waarhede verkondig. In die belydenisskrifte van kerke in die reformatoriese tradisie word hierdie waarheid geformuleer. Belydenisskrifte behoort tot die wese van die kerk. Die binding aan die belydenis geld daarom vir elke lidmaat sowel as ampsdraers en ook professore in die teologie. In hierdie verband is geen kompromie met Postmodernisme moontlik nie.

Keywords : belydenis hermeneutiek; Postmodernisme reformatoriese tradisie teologie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License