SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número1The binding to confessions in a postmodern era índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

DE WET, F.W.  e  KRUGER, F.P.. 'n Prakties-teologiese perspektief op die handeling van kerklike besluitneming - verkenning en normatiewe gesigspunte. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.1, pp.1-26. ISSN 2305-0853.

Uit die kerklike praksis blyk dat selfs besluite waarvan daar gesê word dat die besluitnemingsproses biddend hanteer is en dat daar aanvaar moet word dat die uitslag 'n aanduiding is van hoe die Gees die vergadering gelei het, met weerstand begroet word. In die lig van hierdie problematiek is die volgende navor-singvraag vir hierdie navorsingsprojek geformuleer: In hoe 'n mate het die problematiese praksis rondom kerklike besluitneming te make met 'n oorvereenvoudigde persepsie rakende die pneumatologiese dinamika wat ter sprake kom in besluite waarvan gesê word: "die Heilige Gees en ons het besluit"? Ten einde hierdie navorsingsvraag te antwoord, word die probleemveld uit bestaande teologiese invalshoeke verken vir die inrigting van besluitnemingsprosesse asook uit metateoretiese waarnemings oor menslike gedrag in die spanningsveld wat in besuitneming ter sprake kom. In 'n ondersoek na normatiewe gesigspunte word die pneumatologiese veld wat ontplooi wanneer 'n besluit van "ons en die Heilige Gees" geneem word, vanuit Handelinge 15 verken. Die navorsers kom tot die konklusie dat kerklike besluitneming 'n komplekse proses is wat in polarisasie kan ontaard weens 'n versteuring van die gesonde balans tussen antroponome en teonome faktore.

Palavras-chave : kerklike besluitneming; prakties-teologiese benadering; verhouding; teonome en antroponome.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons