SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número1The binding to confessions in a postmodern era índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 1018-6441

Resumen

DE WET, F.W.  y  KRUGER, F.P.. 'n Prakties-teologiese perspektief op die handeling van kerklike besluitneming - verkenning en normatiewe gesigspunte. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.1, pp. 1-26. ISSN 1018-6441.

Uit die kerklike praksis blyk dat selfs besluite waarvan daar gesê word dat die besluitnemingsproses biddend hanteer is en dat daar aanvaar moet word dat die uitslag 'n aanduiding is van hoe die Gees die vergadering gelei het, met weerstand begroet word. In die lig van hierdie problematiek is die volgende navor-singvraag vir hierdie navorsingsprojek geformuleer: In hoe 'n mate het die problematiese praksis rondom kerklike besluitneming te make met 'n oorvereenvoudigde persepsie rakende die pneumatologiese dinamika wat ter sprake kom in besluite waarvan gesê word: "die Heilige Gees en ons het besluit"? Ten einde hierdie navorsingsvraag te antwoord, word die probleemveld uit bestaande teologiese invalshoeke verken vir die inrigting van besluitnemingsprosesse asook uit metateoretiese waarnemings oor menslike gedrag in die spanningsveld wat in besuitneming ter sprake kom. In 'n ondersoek na normatiewe gesigspunte word die pneumatologiese veld wat ontplooi wanneer 'n besluit van "ons en die Heilige Gees" geneem word, vanuit Handelinge 15 verken. Die navorsers kom tot die konklusie dat kerklike besluitneming 'n komplekse proses is wat in polarisasie kan ontaard weens 'n versteuring van die gesonde balans tussen antroponome en teonome faktore.

Palabras clave : kerklike besluitneming; prakties-teologiese benadering; verhouding; teonome en antroponome.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License