SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue1The binding to confessions in a postmodern era author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DE WET, F.W.  and  KRUGER, F.P.. 'n Prakties-teologiese perspektief op die handeling van kerklike besluitneming - verkenning en normatiewe gesigspunte. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.1, pp.1-26. ISSN 2305-0853.

Uit die kerklike praksis blyk dat selfs besluite waarvan daar gesê word dat die besluitnemingsproses biddend hanteer is en dat daar aanvaar moet word dat die uitslag 'n aanduiding is van hoe die Gees die vergadering gelei het, met weerstand begroet word. In die lig van hierdie problematiek is die volgende navor-singvraag vir hierdie navorsingsprojek geformuleer: In hoe 'n mate het die problematiese praksis rondom kerklike besluitneming te make met 'n oorvereenvoudigde persepsie rakende die pneumatologiese dinamika wat ter sprake kom in besluite waarvan gesê word: "die Heilige Gees en ons het besluit"? Ten einde hierdie navorsingsvraag te antwoord, word die probleemveld uit bestaande teologiese invalshoeke verken vir die inrigting van besluitnemingsprosesse asook uit metateoretiese waarnemings oor menslike gedrag in die spanningsveld wat in besuitneming ter sprake kom. In 'n ondersoek na normatiewe gesigspunte word die pneumatologiese veld wat ontplooi wanneer 'n besluit van "ons en die Heilige Gees" geneem word, vanuit Handelinge 15 verken. Die navorsers kom tot die konklusie dat kerklike besluitneming 'n komplekse proses is wat in polarisasie kan ontaard weens 'n versteuring van die gesonde balans tussen antroponome en teonome faktore.

Keywords : kerklike besluitneming; prakties-teologiese benadering; verhouding; teonome en antroponome.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License