SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN WYK, G.J.  and  VILJOEN, F.P.. Benaderings tot die interpretasie van die wonderverhale in Markus 8 - 10. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.4, pp.879-894. ISSN 2305-0853.

Navorsing oor die wonderverhale met verwysing na Markus 8-10 en die rol daarvan in hierdie Evangelie word bespreek. Die mitologiese, godsdienshistoriese en vormhistoriese benaderings, 'n Bybels-teologiese benadering, die redaksiehistoriese, die sosiologiese, die literêrkritiese, die oorsigtelike benadering van Van der Loos en Brown, die Heilshistoriese en die Openbaringshistoriese benaderings word bespreek. Uit die verskillende benaderings blyk dat die koninkryk van God, 'n paradoksale Christologie sowel as dissipelskap 'n belangrike plek in die wonderwerke in die Markusevangelie inneem. Die wonderwerke vorm 'n inherente deel van die Evangelie en die bediening van Jesus. Hulle dien daartoe om die onderrig van Jesus te ondersteun.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License