SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

DE KLERK, B.J.. Die Heilige Gees en gebed in die erediens. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.3, pp.629-648. ISSN 2305-0853.

Die erediensgebed is by uitstek 'n pneumatologiese werklikheid: gebed is 'n gawe van die Heilige Gees. Die vraag wat in hierdie artikel aan die orde kom is: Watter beslissende funksie vervul die Heilige Gees in die elemente van die erediensgebede? Aspekte wat bespreek word, is die werk van die Heilige Gees in die erediensgebeure, veral wat betref die gebed en die wese van die erediens; die elemente van die erediensgebed; die gemeente se deelname aan die erediensgebede; en die verhouding van Skriflesing en prediking tot die erediensgebede. Die Gees bewerk die allerintiemste verhouding tussen die bidders en Christus en ook met God die Vader - dit is die trinitariese grond vir die erediensgebed. Gebed is die geestelike intree in God se heiligdom, die regstreekse aanspreek van God, die belydenis van die bidders en is die belangrikste deel van hulle dankbaarheid. In die gebed gaan dit bo alles om die eer van God. Elemente van die erediensgebed sluit eerbied en bewondering vir God (lofprysing) in asook dankbaarheid teenoor God (danksegging), sondebesef en berou (verootmoediging en skuldbelydenis), smeking wat selfs 'n klaaggebed kan wees, afhanklikheid en Christelike liefdesgesindheid (voorbidding). Die verhouding tussen Skriflesing, prediking en gebed, bewerk deur die kragtige werking van die Heilige Gees, is 'n kousale verhouding van gemeenskap met God in Christus met sy vergaderde gemeente deur openbaring tot belydenis en aanbidding.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons