SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

GOEDE, H.  and  JANSE VAN RENSBURG, F.. 'n Konstruksie van die regte en verpligtings van slawe-eienaars as 'n sosio-historiese konteks van die Nuwe Testament. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.3, pp.601-628. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel het ten doel om die regte en verpligtings van slawe-eienaars in die antieke tyd te konstrueer as onderdeel van die sosio-historiese konteks van die Nuwe Testament. Ten einde hierdie doel te bereik, word die primêre bronne van Griekse, Romeinse en Joodse reg eerstens beskryf. Drie aspekte van die reg op slawerny word in Griekse, Romeinse en Joodse reg ondersoek, naamlik regsdefinisies van vryheid en slawerny, die regstatus van slawe en die regte van slaweeienaars. Relevante tekste uit hierdie bronne word vervolgens geïdentifiseer, geanaliseer en geïnterpreteer. Die resultate van hierdie proses van analise en interpretasie word gebruik om die regskonteks waarbinne die oproepe tot slawe-eienaars in die Nuwe Testament gelees moet word, te konstrueer. Ons doen aan die hand dat Joodse reg 'n gegronde alternatiewe regs- en godsdienstige konteks vir die skrywers van die Nuwe Testament gebied het waarbinne met Christen slawe-eienaars gepraat is. Hierdie alternatiewe konteks het as 'n teenwig gefunksioneer teen die streng regskontekste van die Griekse en Romeinse reg.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License