SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

FICK, P.H.. Die korrespondensie van J.J. Venter met H.A.L. Hamelberg: Ontleding van 'n sendingbeskouing. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.3, pp.519-536. ISSN 2305-0853.

Die kwessie oor sendingbeskouing het van tyd tot tyd opslae gemaak in die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis. Dit was ook die geval in die Gereformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat gedurende die negentiende eeu. Dit blyk duidelik uit die 1879 tot 1881 korrespondensie van J.J. Venter met H.A.L. Hamelberg, die destydse konsul-generaal van die Vrystaat in Nederland. Venter skryf aan hom oor sy teleurstelling met ds. Dirk Postma, die eerste predikant van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Volgens Venter is hulle mislei: hulle het vir 'n leraar gevra, maar 'n sendeling gekry. Venter se siening van die sending was gegrond op 'n eienaardige siening oor die leer van die predestinasie: hy glo slegs aan sending wanneer die voorwerpe van sendingwerk vrugte van uitverkiesing vertoon. Venter skryf aan Hamelberg, 'n "stamgenoot" eerder as 'n geesgenoot in die godsdienstige sin van die woord. Hierdie feit, tesame met sy briefwisseling, verraai die eintlike rede vir sy sendingbeskouing en dit word duidelik in hierdie arikel aangetoon. Hoewel sy eie werk sprekend is van 'n Piëtistiese "Busskampf", kom sy sendingbeskouing eerder ooreen met 'n ortodoksie-aandrang vir 'n verband tussen kerk en staat. Transkulturele sending is vir hom dus ondenkbaar tensy daar bewyse is van 'n verandering in die ander kultuur.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons