SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VORSTER, J.M.. Die bydrae van 'n deontologiese Christelike etiek tot die hedendaagse menseregtedebat. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.3, pp.497-518. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel gee aandag aan die moontlike rol wat 'n Christe-like deontologiese etiek kan speel in die huidige menseregtediskoers. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat 'n deontologiese Christelike etiek uit die reformatoriese tradisie effektief betrokke kan wees by hierdie debat wanneer Bybelse konsepte getransponeer kan word in etiese beginsels wat toepaslik kan wees in huidige menseregte problematiek soos godsdiensek-stremisme, onderdrukking van die regte van die vrou, ideologieë van onverdraagsaamheid en die vernietiging van ekosisteme. As 'n voorbeeld van die toepaslikheid van 'n deontologiese Christelike etiek uit die reformatoriese tradisie in hierdie verband, word die volgende Bybelse temas getransponeer: menswaardigheid op die basis van die "imago dei", die skepping en die integriteit van die skepping, die koninkryk van God en vergiffenis. Die artikel stel verder voor dat ander Bybelse konsepte getransponeer word soos die Bybelse konsep van lewe, eskatologie, die verbond en heiligheid.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License