SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

SMIT, C.J.. Kan die GKSA na 150 jaar beskou word as 'n stagnante kerkgemeenskap? Ekumenies beoordeel. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.3, pp.447-472. ISSN 2305-0853.

Die vraagstelling is of die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) as 'n geïsoleerde en derhalwe 'n stagnante kerkge-meenskap gesien moet word. Hierdie vraag word beantwoord deur die ontwikkeling van die GKSA ten opsigte van ekumeni-siteit na te gaan, nadat die term "eqkumenisiteit" qSkriftuurlik en histories ontleed is. In drie fases van 'n halfeeu elk in die bestaan van die GKSA blyk uit die Handelinge van sinodes dat hierdie kerkgemeenskap vanaf hulle ontstaan in 1959 'n besonder hoë premie op ekumeniese verhoudings geplaas het. Hierdie ekumeniese verhoudings met ander gereformeerde kerke wêreldwyd is deurentyd gerig op ontwikkeling tot kerk-eenheid. Die gevolgtrekking word gemaak dat die GKSA hulleself nie as 'n kerkgemeenskap beskou wat alleen en uitsluitlik oor die waarheid van die Woord beskik nie. Kerklike isolasie, en derhalwe kerklike stagnasie, is klaarblyklik nie deel van die GKSA se agenda nie; trouens, isolasie is aantoonbaar deur die GKSA op grond van die Woord bestry. Die dryfveer om kerkgemeen-skappe in eenheid saam te snoer, in die binneland én die buiteland, was van vroeg af deel van die GKSA se kerk-beskouing. Tog is daar 'n opvallende leemte wat aangemerk moet word. Die betekenisaspek wat Jesus aan die begrip "oqikoumené" qtoevoeg (Matt. 24:14), naamlik die verkondiging van die evangelie aan "aql die nasies" qin die "hqele wêreld" q("oqikoumené")q met die oog op die "tqoekomstige wêreld" q(Heb. 2:5) is nie genoeg-saam beklemtoon nie, maar in betekenis eintlik verskraal.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons