SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

BARRY, S.. Aanvaar verantwoordelikheid vir rekonsiliasie: 'n Christelike benadering tot die uitdagings en gevolge deur die Waarheid- en Versoeningskommissie nagelaat. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.2, pp.361-396. ISSN 2305-0853.

Met die afsluiting van die Waarheid- en Versoeningskommissie, het Desmond Tutu 'n stelling gemaak, dat dit die Kommissie se taak was om versoening te bevorder, nie te bereik nie. Hy het dit voorgehou dat rekonsiliasie die verantwoordelikheid van alle Suid-Afrikaners is, en die hoop uitgespreek dat die Christelike kerke op die voorpunt van hierdie genesingsproses sou wees. Hierdie artikel ondersoek maniere waarop die Christelike kerk op die voorpunt kan wees as dit kom by die verbinding van wonde, die fasilitering van die genesingsproses, en die daarstelling van 'n lewende voorbeeld van eenheid en hoop. Die antwoorde wat voorgestel word, val uiteen in drie verwante temas, naamlik die kerk se: • gees van versoening; • bediening en missie van versoening; en • hulpbronne vir die bediening en missie van versoening. Om 'n gees van versoening te kweek, beteken om versoening as 'n leefwyse te ontwikkel eerder as 'n reeks strategieë, programme of inisiatiewe - dit moet steeds konkreet, prakties, meetbaar en verantwoordelik bly. Die kerk se missie is primêr die verkondiging van die goeie nuus, dat God se Koningkryk reeds hier is, maar nog nie in sy volheid nie, en dus nog moet kom. Hierdie verkondiging is die boodskap van versoening tussen God, ander mense, en die self. Dit plaas die eenheid van die ganse skepping deur Christus in afwagting. Die hulpbronne aan die kerk verleen om hierdie apostoliese bediening te volbring, sluit profesie, evangelisasie, pastorale sorg en skoling in, asook die kerk se liturgiese en sakramentele elemente, sy bediening deur teenwoordig te wees, sy lede en sy toewyding tot sosiale geregtigheid.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License