SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

RHEEDER, A.L.. Die waarde van menswaardigheid in die bioetiek. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.2, pp.315-340. ISSN 2305-0853.

Daar word vandag deur bioetici en juriste aangevoer dat die begrip "menswaardigheid" geen bedrae lewer tot die bioetiek nie en in wese 'n nuttelose begrip is. Teenoor hierdie vooronderstelling word uitgegaan van die standpunt dat die begrip "menswaardigheid" tot die hart van die Bybel behoort en daarom as 'n vrugbare begrip in die bioetiek gebruik kan word. Menswaardigheid word gefundeer in die feit dat die mens na die beeld van God geskape is. Die feit dat die mens as beeld van God geskape is en dus menswaardig is, het ongetwyfeld implikasies vir die bioetiek. Menswaardigheid deur en teenoor die mens binne die bioetiek beteken dat genesing van siekte nagestreef moet word; dat die mens as psigosomatiese eenheid moet handel en behandel word; dat voortplanting eksklusief vanuit die huwelik mag plaasvind; en dat alle menslike lewe maksimaal beskerm moet word. Waar laasgenoemde nie gebeur nie, word die godgegewe waarde van die mens aangetas.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License