SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

ZUIDDAM, B.A.. Die doodloopstraat van die rede by David Faure: Waarom die eerste liberale predikant wat aan die Kaap gebore is sy toevlug tot spiritisme geneem het. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.2, pp.271-290. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel het die negentiende-eeuse liberale denke aan die Kaap as onderwerp. Dit toon aan dat ortodokse rasionalisme en liberale denke nie daarin kon slaag om die liberale predikant, David Faure, te voorsien van 'n bevredigende basis en standaard vir teologiese denke nie. Die briefwisseling tussen Faure, die eerste liberale predikant, gebore in die Kaap, en die gewese evangeliese prediker en digter, ds. Peter Huet, dien as basis vir hierdie gevolgtrekking. Albei predikante het teen die einde van hulle bediening hoë verwagtings van kommunikasie met die geeste van afgestorwenes gekoester. Hierdie artikel toon aan dat alhoewel Faure sy bes probeer het om sy teologiese denke op die menslike rede alleen te baseer, hy in 'n doodloopstraat beland en desperaat op soek was na 'n openbaring. Toe sy teologiese raamwerk gedreig het om ineen te stort, het hy sy hoop op spiritisme gevestig vir antwoorde. Die ineenstorting van sy teologiese denke reflekteer ongunstig op die toekoms van die huidige Nuwe Hervorming-beweging in Suid-Afrika.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License