SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

MAREE, D.  e  JANSE VAN RENSBURG, J.. Pastorale sorg aan gemarginaliseerdes met spesifieke verwysing na kinderhuiskinders. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.1, pp.159-184. ISSN 2305-0853.

Die uitgangspunt van hierdie artikel is die stryd van gemarginaliseerdes met spesifieke verwysing na seuns in die kinderhuis. Ondersoek is gedoen na die spesifieke omstandighede waaronder kinders uit hulle ouerhuise verwyder is, hulle geskiedenis, hulle opname en aanpassing in die kinderhuis. Bybelse beginsels vir die versorging van gemarginaliseerde (dus ook kinderhuiskinders) word aangedui terwyl aandag geskenk word aan God se spesiale sorg vir gemarginaliseerdes. Aandag is ook gegee aan die Bybelse mandaat, opdrag en verantwoordelikheid van die kerk om by die lewens en sorg van kinderhuis-kinders betrokke te wees. Gevolgtrekkings wat uit die beskik-bare literatuur gemaak is, is aangevul met 'n beperkte fenome-nologiese waarneming wat deur middel van 'n vraelys gefasiliteer is. Die vraelys is na aanleiding van die probleemstelling en hipoteses geformuleer en die verwagting is geskep dat die gebrek aan betrokkenheid van lidmate en predikante by die lewens van kinders in die kinderhuis sowel as by die kinderhuis se werksaamhede, hiermee blootgelê kan word.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons