SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

BALLA, P.. Paulus se gebruik van slawerny as beeld in die Hagarallegorie. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.1, pp.119-134. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word Paulus se gebruik van die slawerny-beeld in Galasiërs 4 ondersoek. Eers word ander woorde in Galasiërs uit die slawerny-betekenisveld kortliks bestudeer. Paulus gebruik hierdie woorde letterlik sowel as figuurlik. Dit geld ook van die deel van Galasiërs wat in hierdie artikel bespreek word, naamlik die Hagar-allegorie. In Galasiërs 4 praat Paulus eers van n werklike slavin, en dan gebruik hy dit as beeld om die-gene te beskryf wat nie aanvaar dat God se beloftes in Jesus vervul is nie. Die wyse waarop Paulus die term "allegoriseef' gebruik, word ook ondersoek. Die argument is dat Paulus in Galasiërs 4 slawerny as beeld gebruik om aspekte van 'n mens se verhouding met God te beskryf. Die agtergrond van sy gebruik van die Hagar-allegorie is sy openbaringshistoriese benadering van God se verbondsverhouding met sy volk. Met toespelings op Ou-Testamentiese gedeeltes gee hy uitdrukking aan sy beskouing oor wie deel uitmaak van die volk van God in die nuwe verbond.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License