SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

ZANDMAN, H.J.G.. Die sestigerjare - lang hare, blomme en 'n moraliteitsmengsel: Etiese beoordeling van die "botsing" wat die teenswoordige Westerse samelewing help vorm het. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.1, pp.77-94. ISSN 2305-0853.

Die sestigerjare sal onthou word as 'n belangrike tyd van konflik wat vandag se Westerse samelewing help vorm het. Jongmense het uitgebreek uit die streng vorms wat tydens hulle ouers se na-oorlogse era gegiet is. Die konflik het beduidende sosiale veranderings oral in die Westerse samelewing veroorsaak. Die Westerse individu het desperaat gesoek na 'n nuwe wêreld, gewillig om die risiko van swaarkry wat revolusie meebring, te neem. In 'n wêreld gevul met verwarrende en teenstrydige benaderings van hoe die mens gesien moet word, het die Bybel 'n duidelike antwoord: die mens is geskape na die beeld van God, en is in hierdie kapasiteit God se verteenwoordiger en beelddraer. Die Christelike kerk is egter oor die algemeen merkwaardig besluiteloos wanneer dit moet optree as die gewete van die Westerse wêreld. Die hoofrigting van die sestigerjare was anti-status quo, anti-instelling en antimaterialisties. In die proses van die mens se selfbeskikking aan albei kante van die konflik het 'n erosie van die mense se grootste gawe plaasgevind: etiese onderskeid. Die spirituele vakuum wat deur die anti-instellingsgesindheid tot stand gebring is, het verwarring en selfdestruksie meegebring.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License