SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número1Mysterium tremendum et fascinons: Liturgical perspectives on the approach to GodThe 1960s - long hair, flowers and morality mash: Ethical appraisal of the clash that helped shape today's Western society índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 1018-6441

Resumo

RAATH, A.W.G.. God se geskenke aan die mensdom: 'n Regsfilosofiese interpretasie van Luther se standpunte oor eienaarskap en die natuurlike reg op eiendom. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.1, pp. 45-76. ISSN 1018-6441.

Die verval van die Middeleeuse politieke en sosiale orde, die verskyning van die nasiestaat en die opkoms van burgerlike regeerders, het die vroeë Reformatore genoodsaak om 'n dui-deliker afbakening tussen die natuurlike reg op private eiendom en die morele voorwaardes wat tot sodanige reg aanleiding gee, te tref in hulle oorweging van die rol van private eiendom in die burgerlike samelewing. Luther se siening dat fundamentele regte die bestaan van morele plig veronderstel en nóú verbind is met die moreel-regskape aard van die eienaar se handelinge, het n aantal belangrike perspektiewe opgelewer wat steeds relevant is vir die huidige debat met betrekking tot die fundamentele regte van individue om eiendom te besit en om die vryheidsfeer wat aan hierdie reg verbonde is, voldoende te beskerm.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License