SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

RAATH, A.W.G.. God se geskenke aan die mensdom: 'n Regsfilosofiese interpretasie van Luther se standpunte oor eienaarskap en die natuurlike reg op eiendom. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.1, pp.45-76. ISSN 2305-0853.

Die verval van die Middeleeuse politieke en sosiale orde, die verskyning van die nasiestaat en die opkoms van burgerlike regeerders, het die vroeë Reformatore genoodsaak om 'n dui-deliker afbakening tussen die natuurlike reg op private eiendom en die morele voorwaardes wat tot sodanige reg aanleiding gee, te tref in hulle oorweging van die rol van private eiendom in die burgerlike samelewing. Luther se siening dat fundamentele regte die bestaan van morele plig veronderstel en nóú verbind is met die moreel-regskape aard van die eienaar se handelinge, het n aantal belangrike perspektiewe opgelewer wat steeds relevant is vir die huidige debat met betrekking tot die fundamentele regte van individue om eiendom te besit en om die vryheidsfeer wat aan hierdie reg verbonde is, voldoende te beskerm.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License