SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

VAN DER WALT, B.J.. Probleme rondom die verklaring van die Bybel in die gereformeerde teologie: 'n Christelik-filosofiese besinning. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.1, pp.1-30. ISSN 2305-0853.

Dit wil lyk asof vroeëre oortuigings oor die aard van die Skrif, asook die maniere waarop dit uitgelê behoort te word, nie meer so vas staan en so oortuigend is nie. Die gevolglike onseker-heid veroorsaak verdeeldheid en selfs spanning onder gereformeerde teoloë en kerke in Suid-Afrika. Die Christelik-filosofiese besinning in hierdie artikel is 'n poging om 'n verheldering ten opsigte van sekere probleme te probeer bied. 'n Vorige artikel (vgl. Van der Walt, 2008d) het veral gefokus op die moontlike bydrae van die reformatoriese filosofie tot 'n Skrifbeskouing. Hierdie artikel sal veral op probleme rondom Skrifverklaring konsentreer. Om die Bybel egter reg te kan lees, moet 'n mens eers weet watter soort boek dit is - hoe dit gekwalifiseerd is. Die eerste afdeling handel dus oor die betekenis daarvan om die Bybel as 'n geloofsboek te beskou. Die volgende gedeelte bied 'n oorsig oor die tradisionele hermeneutiese metodes, insluitende die mees populêre onder gereformeerde geleerdes. In die derde deel word aandag geskenk aan die "hermeneutiese revolusie" vanaf die laaste gedeelte van die vorige eeu. Aan-gesien die antieke Bybelteks sowel as die huidige leser van toe af as belangrik beskou word, het 'n mens se lewensvisie en filosofie belangrike, bepalende elemente in die lees van die Skrif geword. Die laaste gedeelte bespreek daarom die verhouding tussen lewensvisie en eksegese. Aangesien 'n mens se lewensvisie jou verklaring van die Bybel beïnvloed kan 'n mens nie jou lewensbeskoulike vooronderstellings ontken of probeer wegsteek nie. Terselfdertyd moet 'n mens egter bewus wees van die gevare verbonde aan 'n Christelike lewensvisie. Daarom word ten slotte 'n paar kriteria genoem om die korrektheid van 'n lewensvisie te help beoordeel.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons