SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

GROBLER, A.B.  and  VAN DER WALT, J.L.. Evaluering van die nodige bestuursvaardighede van predikante in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.4, pp.735-754. ISSN 2305-0853.

'n Gemeente is nie 'n sake-onderneming nie, en om dit as sodanig te probeer bestuur, sou verkeerd wees. Die kerk is primêr onsigbaar en geestelik van aard; tog funksioneer dit as 'n instituut in hierdie wêreld en moet dit doeltreffend bestuur word ten einde alles ordelik en suksesvol te laat verloop. 'n Groot verantwoordelikheid rus op die predikant van die gemeente om te sorg dat hierdie orde en doeltreffendheid verwesenlik word. Die opleiding van predikante in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika sluit nie spesifiek opleiding rakende die bestuur van 'n organisasie in nie. Hierdie feit kan hulle dalk in 'n kwesbare posisie plaas, veral in die vroeë stadium van hulle beroep. Alhoewel sommige mense met natuurlike vaardighede en talente rakende bestuur en leierskap geseën is, is reeds bewys dat die vaardighede wat vereis word om 'n organisasie suksesvol te bestuur, deur middel van studie en opleiding aangeleer kan word. 'n Empiriese studie is gedoen ten einde vas te stel of opleiding in bestuursvaardighede predikante sal help in die uitvoering van hulle roeping. Vraelyste is aan al die predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika gestuur om inligting te bekom oor die omvang van die omstandighede in 'n gemeente wat vergelykbaar is met ander organisasies, asook die predikant se rol in die hantering van die situasies. Die onderhawige navorsing sluit af met 'n aanbeveling dat oorweging daaraan geskenk behoort te word om 'n kursus in ondernemingsbestuur by die opleiding van predikante in te sluit. Die kursus moet ontwerp word om spesifiek die omstandighede en behoeftes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in ag te neem. Dit hoef nie noodwendig ooreen te stem met die kursus in ondernemingsbestuur wat by die opleidingskurrikulum van studente vir Baccalaureus Commercii of MBA ingesluit is nie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License