SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

BRUNSDON, A.R.  and  LOTTER, G.A.. Kanker as lewensnood: Voorlopige merkers vir die pastoraat. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.4, pp.665-684. ISSN 2305-0853.

Die diagnose van kanker is ingebed in die negatiewe sosiale diskoers van 'n doodsvonnis. Dit het derhalwe 'n eksistensiële krisis tot gevolg in die lewens van persone wat daardeur geaffekteer word. Waar die mediese wetenskap sy optrede laat bepaal deur die tipe kanker wat gediagnoseer is, is die roete wat die pastoraat moet volg nie dadelik duidelik nie. In hierdie artikel word gepoog om voorlopige merkers te identifiseer wat van belang sal wees vir die pastoraat aan persone wat deur kanker geaffekteer is. Deur kanker fenomenologies te beskou en ook in die lig van die bekendste vorme van mediese ingrype, sal sekere sleutelveranderings geponeer word wat vermoedelik deur 'n kankerdiagnose meegebring sal word. Agt geantisipeer-de sleutelveranderings word bespreek, te wete: die verskuiwing van grense, blootstelling aan nuwe verhoudings, gevoelens van verwerping, 'n identiteitskrisis, die radikalisering van kommunikasie, die radikalisering van tyd, skeidings- en doodsangs as-ook geloofsvrae. In die lig van hierdie geantisipeerde veranderings word 'n sestal voorlopige fokusareas vir die pastoraat bespreek. Die teodiseevraag, lydingsvraagstuk, die sonde-siekte-vraagstuk, medies-etiesevraagstukke, sterwensbegeleiding en rousmart asook die eskatologiese bestemming van die gelowige. Hierdie aspekte kom in aanmerking as voorlopige merkers vir die pastoraat aan persone wat deur kanker geaffekteer is.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License