SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DE BEER, E.J.. 'n Teologies-etiese beoordeling van kinderarbeid in Suid-Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.4, pp.613-634. ISSN 2305-0853.

Kinderarbeid is wêreldwyd 'n probleem wat die afgelope drie dekades opnuut onder die soeklig gekom het. Alhoewel kinderarbeid in Suid-Afrika nie so 'n ernstige probleem is soos in sommige ander lande nie, vind hier ook onaanvaarbare vorms van kinderarbeid plaas. Die meeste kinderarbeiders word vanweë hulle sosio-ekonomiese omstandighede gedwing om ter wille van oorlewing te werk. Hulle word die geleentheid ontneem om goed opgevoed en opgelei te word sodat hulle as goedtoegeruste volwassenes werk kan verrig waarvoor hulle na behore vergoed sal word. In hierdie artikel word kinderarbeid soos dit in Suid-Afrika voorkom, beoordeel. Die beoordeling vind plaas in die lig van 'n aantal teologies-etiese uitgangspunte oorkinders en arbeid. Hoewel die arbeidsopdrag universeel is (dus ook vir kinders geld), is dit logies dat kinders nie dieselfde arbeid as volwas-senes kan verrig nie. Kinders behoort eerder opgevoed en toegerus te word om hulle vermoëns sodanig te ontwikkel, dat hulle as volwasse werkers hulle vermoëns ten volle kan benut.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License