SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

ZANDMAN, H.J.G.. Ekonomiese sanksies: 'n Etiese inleiding. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.3, pp.531-548. ISSN 2305-0853.

Die wêreld het ontwikkel in die rigting van toenemende ver-vlegde ekonomiese belange, met groter ekonomiese interafhanklikheid as ooit tevore. Dit veroorsaak dat 'n nuwe wapen gedurende die 20e en 21e eeue op die toneel gekom het om nasies die knie te laat buig. Dit is gerig op daardie nasies wat nie voldoen aan baie spesifieke, gewoonlik etiese, standaarde nie. "Ekonomiese sanksies" is die naam van hierdie nuwe wapen. Hierdie artikel het ten doel om die werking van ekonomiese sanksies te beoordeel vanuit die perspektief van beginsels wat uit 'n Bybelse wêreldsiening spruit. Christene sal gevolglik 'n ingeligde besluit kan maak oor waar hulle behoort te staan betreffende hierdie fenomeen. Data wys dat daar 'n groot toename is in die gebruik van ekonomiese sanksies in wêreldpolitiek. Tans het sulke sanksies 'n onsekere begronding in etiek en min of geen aansien in internasionale reg nie. Hulle effektiwiteit kan ernstig bevraagteken word, en die ekonomiese koste, veral vir die toepasser, is aansienlik. Die vraag of ekonomiese sanksies verafsku of in sekere omstandighede omhels moet word, sal beter beantwoord word deur verdere navorsing buite die trefwydte van hierdie artikel - veral met betrekking tot gebeure in die konteks van die sanksies teenoordie apartheidsbestel in Suid-Afrika wat toegepas is. Die resultate van ekonomiese sanksies blyk dieselfde te probeer doen as Bybelse beginsels in die sin dat albei 'n afkeurende boodskap aangaande 'n benadering van politiese konflik stuur.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License