SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

CILLIERS, J.H.. "Skrifgetrouheid" in die erediens?Kantaantekeninge by 'n kernbelydenis. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.3, pp.431-448. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word die fundamentele vraag na die betekenis van die "Skrifgetrouheid" van die erediens gestel. Enkele moontlike antwoorde hierop word krities ondersoek, gevolg deur 'n pleidooi vir 'n verrykte verstaan en gebruik van die unieke eienskappe van die Skrif in die liturgie, met inbegrip van faktore soos die fokus (teologiese raamwerk), vorm (genre) en funksie (intensie) van Bybelse tekste. Ten slotte word die vraag gestel of daar'n konstruktiewe interaksie tussen ons eksegese en liturgie bestaan, asook wat die implikasies van sodanige inter-aksie vir ons eredienste sou wees.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License