SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

HELBERG, J.L.. Die buitengewone geboorte van Jesus Christus en die regering van sy kerk, in die besonder rakende die vrou. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.3, pp.409-430. ISSN 2305-0853.

Die vraag of daar volgens die Skrif vir die vrou in die besondere dienste plek is, veral as ouderling, is tans medeverantwoordelik vir spanning in die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika. Die regeertaak van die kerk hang ten nouste saam met die manier waarop God sy volk regeer en met die verhouding tussen Hom en sy volk. Matteus wys dat daar in hierdie opsigte 'n wesenlike ooreenkoms, maar ook 'n ingrypende verskil tussen die Ou-Testamentiese en die Nuwe-Testamentiese bedelings is. Hierdie artikel ondersoek wat hieroor in albei bedelings dieselfde is, maar ook waarin hulle van mekaar verskil. Die sonde het menswees en harmonie tot in die intiemste verhouding grondig versteur. Heerskappy is in die ou bedeling onder meer deur dwang uitgeoefen, soos in slawerny en die miskenning van die vrou se volle menswees. Die geboorte van Jesus Christus deur die Heilige Gees uit 'n vrou sonder die toedoen van 'n man, is die vervulling van Ou-Testamentiese beloftes. Alle gelowiges, sonder onderskeid in stand of geslag, word deur Jesus Christus as beeld van God herskep en in 'n direkte persoonlike verhouding met Hom herstel. Heerskappyvoering oor ander, soos in die manlike dominering oor die vrou en in die aardse koning-skap en slawerny, maak plek vir diensbaarwees. Jesus Christus oefen sy volmag dienend uit. Veral sy kerk moet dienend regeer deur Hom as die enigste Hoof te erken en van sy lewe, dood en opstanding te getuig soos dit in sy Woord vervat is. Daarvoor is 'n gelowige vrou net so goed toegerus soos 'n man.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License