SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número2The influence of Christianity on the South African society índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 1018-6441

Resumo

OLWAGEN, J.M.  e  NEL, M.. Die liggaam-van-Christus-metafoor: Instrument vir die effektiewe uitvoering van die missionale opdrag. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp. 327-348. ISSN 1018-6441.

Die praktyk toon dat baie AGS-pastore moontlik so besig is met 'n veelheid take en verantwoordelikhede dat hulle nie daarby uitkom om hulle gemeentelidmate effektief te mobiliseer om by vrywillige dienswerk betrokke te raak nie (vgl. Ef. 4:12). Die gevolg is dat sulke gemeentes dikwels nie effektief funksioneer om die missionêre opdrag met welslae uit te voer nie (vgl. Matt. 28:19). Pastore slaag nie daarin om, volgens die raad wat Moses se skoonvadervirhom gegee het (vgl. Eks. 18), meer effektief te werk deur hulle lidmate as deeltydse vrywillige dienswerkers te mobiliseer om die Bybelse opdrag uit te voer nie. Die mobilisering van lidmate vind plaas deur lidmate te bemagtig om hulle gawes te ontdek en te ontwikkel, en dan daarmee saam vrywillige dienswerk te beoefen. Die klem in die artikel lê by wat Hendriks (2004:11) "gemeentelike teologie" noem. Volgens Hendriks (2004:25) is gemeentelike teologie 'n teologie wat deur die liggaam-van-Christus-metafoorgemeentes beoefen word (vgl. Ef. 4:11-16). Die metafoor van gemeentes wat as liggaam-van-Christus wil funksioneer, naamlik gemeentes wat die belangrikheid van vrywillige dienswerk van die lidmate beklemtoon, geniet verdere ontwikkeling in hierdie artikel.1

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License