SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

THERON, P.M.  y  LOTTER, G.A.. "Moenie in dieselfde juk trek as die ongelowige nie": Nuwe-Testamentiese perspektiewe op hoe Christene behoort te leef en op te tree in 'n samelewing van uiteenlopende oortuigings. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp.281-304. ISSN 2305-0853.

Die vermaning in 2 Korintiërs 6:14 om "nie in dieselfde juk as die ongelowige te trek nie" word verskillend deur Christene geïnterpreteer en toegepas. Sommige Christene probeer om die realiteite van elke dag te ontduik in 'n lewe van ontvlugting en godsdienstige afsondering, terwyl ander weer probeer om die samelewing se eise en hedendaagse strominge in wêreldse godsdienstige praktyke te akkommodeer. Hierdie uiterste standpunte veroorsaak dat Christene sonder invloed in die wéreld is. Die primére doel van hierdie artikel is om aan te toon hoe gelowiges in die Nuwe-Testamentiese tyd die situasie hanteer het waar hulle met ongelowiges in een juk moes trek. Ten einde Skriftuurlike riglyne vir hedendaagse gelowiges te bied, sal daar op die voorbeeld van die apostels gefokus word, terwyl die onderrig van Paulus aan die slawe en Petrus aan die vreemdelinge in hierdie wéreld ook aandag sal kry. Enkele ander Nuwe-Testamentiese perspektiewe word aangeraak, onder andere die soort gesag wat gehoorsaam moet word en onderrig oor die verantwoordelikhede en houding van gelowiges. Na die bespreking van elke gedeelte, word merkers aangedui. Ten slotte word riglyne gebied wat vir 'n Christelike lewenstyl binne 'n sekulére konteks kan geld.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons