SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VERGEER, W.C.. Kleipotte wat maklik breek? 'n Herverstaan van 2 Korintiërs 4:7. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp.253-280. ISSN 2305-0853.

Bybelvertalings en kommentare beskou die beeld van kleipotte wat Paulus in 2 Korintiërs 4:7 gebruik as 'n neerhalende self-karakterisering wat die breekbaarheid, onaansienlikheid, goedkoopheid of ontbeerlikheid van evangeliedienaars beskryf. Die algemene instemming is dat die broosheid van die kleipot "die allesoortreffende krag van God" op 'n paradoksale wyse wil beklemtoon. Die gedagtestruktuur, sintaktiese, grammatiese en sosio-historiese basis van hierdie uitsig op 2 Korintiërs 4:7 word ondersoek en (her)verstaan. Die resultate dui daarop dat die beeld van kleipotte eerder komplementerend as paradoksaal verstaan moet word.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License