SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

STRAUSS, P.J.. Die "kerklike gesag" van kerkvergaderings soos in die kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp.239-252. ISSN 2305-0853.

Die punt van bespreking in hierdie artikel is Artikel 20.1 van die kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK). By die aanvaarding van sy eerste kerkorde deur die algemene sinode van 1962, het die NGK gebruik gemaak van die kerkorde van die Gereformeerde Kerke in Nederland (GKN) uit 1959. Artikel 20.1 kom direk uit hierdie kerkorde. Artikel 20.1 omskryf die gesag van kerkvergaderings omdat dit nêrens elders in die kerkorde gedoen word nie. Kerklike gesag kom van Christus. Hy, as die Hoof van sy kerk, verleen gesag of bevoegdheid aan hierdie vergaderings sonder om Self daarvan af te sien of om op te hou om Hoof van sy kerk te wees. Hy bly die Oorsprong of Besitter van kerklike gesag. Dit impliseer dat kerklike gesag op die Woord van God bou, maar ook daardeur beperk of begrens word. Die eie aard van die kerk is medebepalend vir die uitoefening van hierdie gesag. Kerklike gesag is nie teenstrydig met die aard van die kerk, as 'n gemeenskap van gelowiges wat in liefde saam verbind is nie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons