SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

SMIT, C.J.. Is die idee van 'n kerkorde nog kerklik byderwets?. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp.225-238. ISSN 2305-0853.

Die vraag is of 'n kerkorde nog enige betekenis vir die kerk van ons tyd kan hê. Behoort die kerkorde gemoderniseer te word om in 'n moderne tyd in te pas? Is die idee van 'n kerkorde nog hoegenaamd haalbaar vir die kerk in ons tyd? Waar kom die idee van 'n kerkorde vandaan? Hierdie artikel toon aan dat die konsep van 'n kerkorde uit die Skrif kom, uit die Ou- en die Nuwe Testament. Deur die kerkgeskiedenis was daar altyd die gevaar dat waar die kerkorde van minder belang geag is, die kerk se voortbestaan self in gevaar gekom het. Die regte vraag is wat die kerkorde nie behoort te wees nie en wat dit wel behoort te wees. Hierdie artikel bevind dat die kerkorde geen selfstandige gesag het nie. Die kerkorde moet nie as 'n kerkwet hanteer word nie. Trouens, die kerkorde behoort slegs die rigtingwyser na die Woord van God te wees. In homself het die kerkorde geen gesag nie. Die kerkorde is slegs 'n bedienaar van die gesag van die Woord. As sodanig is 'n Skrifgebonde kerkorde onontbeerlik vir die bestaan van die kerk, ook die kerk van ons tyd. Die aard van sodanige kerkorde is nie om die dienste van die kerk te skep nie, ook nie om die voortbestaan van die kerk daar te stel nie, maar om die kerk se taak om die Woord te verkondig te beveilig én om die wese van die kerk in sy ordelike voortbestaan as die volk van God in hierdie wêreld te beveilig.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons