SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN DEN BERG, J.-A.  and  DE WET, R.. Sketse van 'n pastoraat van narratiewe betrokkenheid in die Lukasevangelie met besondere klem op die Saggeusverhaal. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.1, pp.145-158. ISSN 2305-0853.

Belangrike nuwe ontwikkelings het die afgelope dekades binne die praktiese teologie en in besonder die pastorale teologie plaasgevind. Met die veronderstelling dat hierdie ontwikkelings ook deur die Woord ondersteun word, word die betekenis van 'n narratiewe pastorale betrokkenheid op 'n besondere wyse geïllustreer, aan die hand van die Evangelie van Lukas en in besonder die verhaal van Saggeus. Die betekenis daarvan vir die pastoraat word onder die volgende opskrifte ontgin: agter-grond tot pastorale betrokkenheid, die eko-hermeneutiese benadering in 'n pastoraat van narratiewe betrokkenheid, 'n spiralende pastorale betrokkenheid en verhale wat pas. In 'n herme-neutiese proses word paradigmatiese-, epistemologiese- en metodologiese oorwegings in 'n geïntegreerde sirkulêre model aan die orde gestel. Voortspruitend uit 'n eko-hermeneutiese ontwikkeling in die pastoraat word 'n epistemologie van nar-ratiewe betrokkenheid gevolg. Deur ko-konstruksionisme as verdere aksent in die sosiale konstruksionisme te plaas, word die rol van die Skrif verder beskryf. In 'n voortdurende sirkulêre beweging tussen praktyk en teorie word teoretiese perspektiewe gekaats teen die verhaal van Saggeus.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License